Pylwurm

Chaetognata
’n Pylwurm.
Kladistiese klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Subkoninkryk: Eumetazoa
Klade: Bilateria
Klade: Nephrozoa
Filum: Chaetognatha

Die Pylwurms of Chaetognatha is 'n klein dierefilum van ongeveer 200 spesies wat in die see of in riviermondings voorkom. Ongeveer 20% van hulle is seebodemdiere en het uitskeidings waarmee hulle aan 'n substraat vasgeplak is. Ander leef hoofsaaklik vry in die plankton. Hulle is 1 mm tot 12 cm lank, gewoonlik deursigtig en het 'n slank en simmetriese lyf met gepaarde syvinne en 'n stertvin.

Talle spesies kom in die waters naby Suider-Afrika voor. Tydens navorsing in die Benguela-opwelling naby Walvisbaai (Namibië) het Bohata en Koppelmann 17 spesies aangetref. Een spesie uit die familie Pterosagittidae, vier uit die Eukrohniidae en die res Sagittidae uit die genus Sagitta, soos S. tasmanica en S. serratodentata.[1]

  1. Chaetognatha of the Namibian Upwelling Region: Taxonomy, Distribution and Trophic Position Karolina Bohata, Rolf Koppelmann, PLOS 16 Januarie, 2013.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy